Ons het nou ’n kans om SA te normaliseer

MAANDAG MET MAX

Ons het nou ’n kans om SA te normaliseer

Die roerende sing van Nkosi Sikelel ’iAfrika by Saterdag se rugbytoets laat MAX DU PREEZ van ’n beter toekoms droom. En daar is sewe goed wat jy wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Met die sluiting van stempunte gister in Frankryk het dit onverwags gelyk of die links- en omgewingsgesinde koalisie Nouveau Front Populaire die beste gevaar het in die tweede ronde van die land se parlementêre verkiesing. Hulle het volgens 'n Ipsos-peiling tussen 172 en 192 van die 577 setels in Frankryk se nasionale vergadering gewen, waar 289 setels nodig is vir 'n volstrekte meerderheid. Volgens dieselfde peiling het Emmanuel Macron se Ensemble-koalisie tussen 150 en 170 setels gewen, terwyl Marine le Pen se verregse Rassemblement National (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2024-07-05-portret-onder-di-klomp-sien-jy-nie-sommer-n-skinhead-of-swastika-nie/), wat in die eerste ronde die beste gevaar het, dié keer net 132 tot 152 setels kon wen.

2. Dit was 'n koue, nat en/of winderige naweek oor groot dele van die land, en dit kan nog tot minstens môre voortduur. In die Wes-Kaap is meer as 4 000 mense dakloos gelaat en sowat 1 000 huise verwoes nadat swaar reën oorstromings op verskeie plekke veroorsaak het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.