‘Dié nalatigheid het tot Life Esidimeni-sterftes gelei’

DONDERDAG MET LAUREEN

‘Dié nalatigheid het tot Life Esidimeni-sterftes gelei’

Daar is weer sewe dinge wat jy vandag wil weet, en LAUREEN ROSSOUW sê sy is nie ’n hondefluisteraar, hondekenner of selfs ’n hondemens nie, maar noem haarself wel ’n honde-gelukbringer.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Die nalatigheid van twee destydse amptenare van die Gautengse departement van gesondheid het gelei tot die dood van minstens sommige van die 141 psigiatriese pasiënte wat slagoffers van die Life Esidimeni-skandaal in 2016 was, het die geregtelike doodsondersoek na die voorval bevind. Hulle is Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid, en Makgabo Manamela, voormalige hoof van geestesgesondheid in die provinsie. Regter Mmonoa Teffo het in haar uitspraak gister onder meer gesê Mahlangu het voortgegaan om die kontrak tussen die Life Esidimeni Care Centre en die Gautengse gesondheidsdepartement te beëindig ten spyte van etlike waarskuwings van kundiges om dit nie te doen nie.

2. Tshifhiwa Matodzi, wat beskou word as die baasbrein agter die R1,9 biljoen wat by VBS Mutual Bank geplunder is, het in die Gautengse hooggeregshof in Pretoria skuld beken op 33 aanklagte van onder meer diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery. Dit is deel van 'n pleit- en vonnisooreenkoms wat met die staat beding is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.