Tronk wink oplaas vir Malema en Shivambu

MAANDAG MET MAX

Tronk wink oplaas vir Malema en Shivambu

Die nuwe bloed in die regering van nasionale eenheid moet help om die nasionale stal skoon te maak en aanspreeklikheid terug te bring, skryf MAX DU PREEZ. En daar is sewe goed wat jy behoort te weet aan die begin van die week.

  • 15 Julie 2024
  • Daagliks
  • 8 min om te lees

3 of 4 cm wat die geskiedenis sou verander

1. Daar is breë konsensus onder ontleders in Amerika dat Donald Trump se kanse om die presidentsverkiesing in November te wen, heelwat sterker is nadat hy Saterdag 'n sluipmoordaanval oorleef het. Thomas Matthew Crooks (20), 'n geregistreerde Republikein, het van die dak van 'n nabygeleë gebou verskeie skote met 'n semi-outomatiese geweer op Trump by 'n opelugbyeenkoms in Pennsylvania afgevuur en hom op sy regteroor getref. 'n Man in die gehoor is dood en twee ernstig gewond. Crooks is op die plek doodgeskiet. Ronald Reagan se gewildheid het in 1981 met 20% gespring toe hy 'n sluipmoordaanval oorleef het. Die man wat dalk dié week by die Republikeinse konvensie as visepresidentskandidaat benoem gaan word, senator J.D. Vance van Ohio, het op Twitter/X 'n voorsmaak van sy party se houding gegee: “Today is not just some isolated incident. The central premise of the Biden campaign is that President Donald Trump is an authoritarian fascist who must be stopped at all costs. That rhetoric led directly to President Trump's attempted assassination."

2. Ses brandweermanne het in 'n brand in KwaZulu-Natal se Middellande gesterf en nog ander is met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.