Gee die polisie meer geld vir voorkoming, pleit LP’s

WOENSDAG MET WILLEM

Gee die polisie meer geld vir voorkoming, pleit LP’s

WILLEM KEMPEN het net 'n vae hoop dat die sluipmoordaanval op Donald Trump Amerikaners anders sal laat dink oor strenger vuurwapenbeheer, en daar is weer sewe goed wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Verskeie LP's het gister in die polisie se begrotingsdebat gekla dat besteding aan misdaadintelligensie – dit wil sê voorkoming pleks van hantering as dit klaar gebeur het – minder as 5% van die totaal uitmaak. Een van hulle was Nqabayomzi Kwankwa, onderleier van die UDM wat verlede maand onderweg na die Kaapstadse Internasionale Lughawe gekaap, ontvoer en weer losgelaat is nadat sy party die losprys van R10 000 betaal het. “Everything happened in full view of the public in the middle of the road," het hy volgens News24 vertel. “Even when I was taken to this place where I was supposed to be killed, the same thing happened. There were people passing behind me and I counted five different footsteps of people who were told not to pay attention, to mind their own business, while I was tied up, ready to be shot. It concerned me because our people are living in fear. They are living in fear of criminals wherever we go."

2. Die regering wil 'n nuwe landwye moniteringstelsel vir die beweging van vee as 'n prioriteit implementeer, het John Steenhuisen, DA-minister van landbou, gister in die parlement in die departement se begrotingsdebat gesê. Die stelsel is ontwerp om gesondheidskrisisse soos die uitbreking van voëlgriep en bek-en-klouseer weens ongemoniteerde dierebeweging te bekamp wat reeds tot verliese van honderde miljoene rande gelei het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.