My deernis met Thomas Crooks

SALIGE SONDAG

My deernis met Thomas Crooks

PIET CROUCAMP staan vandag in vir Anneliese Burgess. In die nadraai van die sluipmoordpoging op Donald Trump maal die kwessie van verhoudings tussen vaders en seuns deur sy kop. Hy deel ook 'n gedig en stuk musiek.

Goeiemôre

My Sondaggesprek met my dogter, Lazelle, gaan oor dié dag toe Thomas Matthew Crooks in 'n oomblik van waansin Donald Trump se lewe wou beëindig. Sy fynbesnede gelaat is dié van 'n digter, nie 'n skerpskutter of moordenaar nie. Daar is iets “sweet" en amper verwyfd aan sy voorkoms. Hy het die sagte uitdrukking in sy oë van 'n “pleaser", 'n seun wat in sy vroeë jare van onsekerheid alles sal doen om sy pa se guns te behou.

Die vrae is soveel meer as die antwoorde. Wat is die omstandighede wat 'n jong seun met 'n oënskynlik onskuldige geaardheid tot by moord neem? Hoeveel waansin is opgesluit in die wil om jou eie lewe te verwoes deur iemand anders s'n te neem? Voordat Thomas Crooks Trump probeer vermoor het, het hy op die internet inligting oor ernstige depressie-versteurings gesoek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.