Demokrate skarrel vir ’n Biden-opvolger

MAANDAG MET MAX

Demokrate skarrel vir ’n Biden-opvolger

Die Amerikaanse president se onttrekking as kandidaat in November se verkiesing is een van die sewe goed wat jy vandag wil weet. Plus: MAX DU PREEZ meen pres. Cyril Ramaphosa se nuwe wekroep vir sy administrasie gaan beter vaar as die voriges, want dit gaan nie meer net oor die ANC nie.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Pres. Joe Biden het Kamala Harris gisteraand as sy opvolger-kandidaat onderskryf pas nadat hy aan die stryd om die presidentskap onttrek het. Biden het in sy aankondiging verwys na verskeie van die Demokratiese party se suksesse in sy termyn as president, soos die sterkte van die ekonomie, deurbrake met medisynepryse en aanpassings aan vuurwapenwette. Hy het nie na sy eie gesondheid verwys nie, maar aangedui dat hy onttrek in belang van die land en die Demokratiese party.

2. Die McLaren-renspan het gister hulle verrassende opmars in Formule 1 voortgesit deur die eerste twee plekke op die Hongaarse Grand Prix se podium in te neem. Oscar Piastri het die resies gewen, Lando Norris was tweede, met Lewis Hamilton (Mercedes) op die derde trappie, Charles Le Clerc (Ferrari) vierde en Max Verstappen (Red Bull) vyfde. Die tonge is los omdat die McLaren-span die resiesleier, Norris, opdrag gegee het om Piastri verby te laat sodat hy sy eerste Grand Prix-oorwinning kan aanteken. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.