7 goed vir 26/7

7 goed vir 26/7

  • 26 Julie 2024
  • Daagliks
  • 2 min om te lees

1. Zizi Kodwa het as LP bedank net 'n maand nadat hy beëdig is. Die voormalige ANC-minister van sport, kuns en kultuur se terugkeer na die parlement was van die begin af omstrede omdat hy tans tereg staan op korrupsie-aanklagte wat verband hou met beweerde omkoopgeld ter waarde van R1,6 miljoen wat glo aan hom betaal is tydens sy tyd as die ANC se nasionale woordvoerder tussen 2015 en 2016. Kodwa staan tereg saam met Jehan Mackay, voormalige bedryfshoof van die tegnologiemaatskappy EOH.

2. Die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap gaan aftrekorders probeer inspan om agterstallige munisipale heffings van sy eie werknemers te probeer verhaal, het News24 berig. Dié sowat 300 werknemers is glo in totaal meer as R14 miljoen agterstallig. 

3. Numsa se 17 dae lange staking by die Gautrein is verby nadat 'n skikking tussen die vakbond en die Bombela Operating Company (BOC) bereik is. Die loonooreenkoms maak voorsiening vir 'n styging van 6,8%, hoër as die amptelike jaarlikse inflasiekoers van 5,1% wat in Junie aangeteken is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.