SA wen goud in die bad en brons op ’n bergfiets

DINSDAG MET INGRID JONES

SA wen goud in die bad en brons op ’n bergfiets

Kom dans met my, nooi INGRID JONES, en ons prestasies gister by die Olimpiese Spele in Parys is van die goed wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Tatjana Smith het gisteraand vir Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Spele in Parys gesorg toe sy die 100m-borsslag vir vroue gewen het. Vroeër in die dag het die bergfietsryer Alan Hatherly brons in die veldwedrenne (cross country) vir mans gewen. Dit is Suid-Afrikaanse fietsry se eerste medalje by 'n Spele sedert die terugkeer uit internasionale isolasie in 1992.


2. Eskom se steenkool- en kernkragstasies vaar tans goed genoeg vir sommige eenhede om op “koue reserwe" geplaas te kon word, het Bheki Nxumalo, groephoof vir opwekking, gister by 'n inligtingsessie gesê. Dit beteken dat sommige eenhede nie bedryf word nie omdat hulle nie nodig is nie, maar steeds beskikbaar is as die aanvraag weer styg. Eskom het gister 124 dae sonder beurtkrag gevier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.