Deur die oog van ’n naald

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Deur die oog van ’n naald

Ons boekeredakteur kyk in ander dimensies in, waag 'n voorspelling, deel 'n gedig en vertel jou van die sprankelende skatkis wat Agterblad en Boeke is.

Liewe vriend

Party mense het oë wat dwarsdeur dimensies kan kyk. Daar is maar 'n dun membraan tussen die natuurlike en die sogenaamde bonatuurlike. Dis nie toorkuns nie: Vir ’n oomblik word jy uit die bloute oorrompel deur ’n wete, of ’n prentjie. Die heelal trek op ’n punt saam, alles word helder en tjoepstil. Jy ervaar dit in die kleine wanneer jy Wordle speel en skielik “sien” wat die regte woord is. Jou intuïsie is opgeskerp, jy het ’n miljoen tekens waargeneem en blitsig geprosesseer en nou, soos ’n Crunchie wat in ’n betaaloutomaat ondertoe val, meld die oplossing/gevolgtrekking/antwoord aan. Bingo.

Party mense het die vermoë – hulle is waarskynlik op die spektrum – om te midde van geraas en chaos stip te kan fokus. Hulle luister meer na die stem in hulle binneste as na die geharwar buite. Ja, soms hoor jy ’n stem, maar moenie dink jy is Son of Sam nie. Jy droom ook soms helderder as andersins en onthou elke besonderheid. Jy weet die droom was belangrik en die eggo daarvan kleur dae lank alles wat jy sien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.