Akani Simbine mis Olimpiese medalje ten spyte van blitsige 9,82 s

MAANDAG MET MAX

Akani Simbine mis Olimpiese medalje ten spyte van blitsige 9,82 s

MAX DU PREEZ pleit dat joernaliste die media fundamenteel anders moet verbeel, en daar is weer sewe goed wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. 'n Persoonlike beste tyd van 9,82 s en 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord was gisteraand helaas net goed genoeg om aan Akani Simbine 'n vierde plek in die 100 m-eindstryd vir mans in die Olimpiese Spele te besorg. Die Amerikaner Noah Lyles (goud) en die Jamaikaan Kishane Thompson (silwer) se tye was amptelik identies op 9,79 s, maar die kamera het gewys dat Lyles eerste was. Al agt deelnemers aan die eindwedloop het dit in onder 9,92 s gehardloop.

2. Nog gender-omstredenheid het in Olimpiese vroueboks uitgebreek nadat die veergewig Lin Yu-ting van Taiwan met Svetlana Staneva van Bulgarye afgereken het. Staneva het ná haar nederlaag 'n kruis-teken met haar vingers aan fotograwe gewys voordat sy die kryt verlaat het, vermoedelik met verwysing na die vroulike XX-chromosome. Soos met die Algerynse weltergewig Imane Khelif neem Lin aan die Spele deel ten spyte daarvan dat sy deur die International Boxing Association (IBA) uit verlede jaar se wêreldkampioenskap geskors is omdat daar glo twyfel oor haar geslag as vrou was. Die IBA word egter nie deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n geloofwaardige arbiter beskou nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.