Van grootword op Riversdal tot die kruin van internasionale dekor-joernalistiek. As redakteur van Elle Décor het Laureen Rossouw diep betrokke geraak by Suid-Afrikaanse ontwerp en ontwerpers. Dit bly ’n passie. Nie net om ons unieke aanslag internasionaal te bevorder nie, maar ook om meer Suid-Afrikaners daaraan bekend te stel.
DINSDAG MET LAUREEN
Onstuimige naweek laat SA gras weer heerlik groen lyk
LAUREEN ROSSOUW vertel waarom sy saamstem met sjef Liam Tomlin dat die gras groener in Suid-Afrika is, en daar is weer sewe goed wat jy vandag wil weet.
Deel
7 goed wat jy vandag wil weet
1. 'n Sameloop van slegte nuus het gister tot groot onstuimigheid op internasionale finansiële markte gelei. Dié faktore sluit in vrese dat die Amerikaanse ekonomie 'n resessie binnegaan, die oproer in Brittanje, die situasie in Bangladesj en die onsekerheid oor Iran se belofte van wraak teen Israel. Op die aandelebeurse het die aandelepryse van veral Apple en Nvidia maar ook Alphabet, Amazon, Meta, Microsoft en Tesla skerp gedaal nadat Berkshire Hathaway aangekondig het dat hy sy belang in die iPhone-vervaardiger minder gaan maak.
2. Ganief Hendricks, president van Al Jama-ah, het uitgevaar teen die ANC se planne om van Kabelo Gwamanda as Johannesburg se uitvoerende burgemeester ontslae te raak. Hendricks het gesê die ANC wil Gwamanda net uit die pad kry sodat hulle kan voortgaan om hulself te verryk. Thembinkosi Nciza, sekretaris van die ANC in Gauteng, het verlede week gesê Gwamanda sal teen die einde van vandeesweek uit sy pos wees...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Laureen Rossouw
Redakteur: Vrye TydskrifVan grootword op Riversdal tot die kruin van internasionale dekor-joernalistiek. As redakteur van Elle Décor het Laureen Rossouw diep betrokke geraak by Suid-Afrikaanse ontwerp en ontwerpers. Dit bly ’n passie. Nie net om ons unieke aanslag internasionaal te bevorder nie, maar ook om meer Suid-Afrikaners daaraan bekend te stel.