Nie eens geld tel meer nie, net jou TikTok-klieks

DONDERDAG MET ALI

Nie eens geld tel meer nie, net jou TikTok-klieks

ALI VAN WYK wonder oor die aard van motiveringspraatjies en of ons nie al genoeg aansporing kry in 'n tyd waarin jou digitale beeld in elk geval die meeste saak maak nie. Ook is daar weer sewe dinge wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Die Algerynse Olimpiese vroue-bokskampioen Imane Khelif het klagtes van kuberteistering teen onder andere JK Rowling en Elon Musk by die kantoor van die staatsaanklaer in Parys ingedien. Die regstappe is teen X aanhangig gemaak, wat ingevolge Franse wetgewing beteken dit kan uitgebrei word na enigeen wat hulle op dié platform aan afknouery van Khelif skuldig gemaak het, het Variety berig. Khelif het op X deurgeloop onder kritici wat bevraagteken of sy werklik kwalifiseer om as 'n vrou aan die Spele deel te neem. Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het bevestig dat Khelif as 'n vrou gebore is, en sy het nog nooit as transgender of interseksueel geïdentifiseer nie.

2. Pres. Cyril Ramaphosa se kantoor het die ondertekening van 'n nasionale ooreenkoms oor gesondheidsorg uitgestel nadat Business Unity South Africa (Busa) beswaar gemaak het dat die dokument die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in sy huidige vorm onderskryf. Busa sê die NGV is onbekostigbaar en onwerkbaar en sal die land se gesondheidstelsel en beleggersvertroue skaad...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.