My hart lê hier, tussen my mense

SALIGE SONDAG

My hart lê hier, tussen my mense

ANNELIESE BURGESS spartel met gedagtes vir haar weeklikse brief, maar kom by 'n ete op 'n ou wynplaas tot 'n gevolgtrekking oor haar komvandaan.

Goeiemôre

Ek groet vanoggend van 'n mosbedekte stoepie in Stellenbosch waar ek die naweek met my dogter deurbring. Een van die beste goed van tyd in die vreemde is vir my die tuiskoms. Om terug te keer na die omarming van die bekende. Dit bly vir my altyd 'n oomblik van opwinding om van die vliegtuig af te stap en Johannesburg te ruik: daardie kenmerkende mengsel van rook en winter en diesel.

My kop is leeg. Ek karring gisteroggend met 'n idee oor die geskenk wat woede kan wees. Ek tokkel al van vroegoggend met die konsep, maar kry nie vatplek aan 'n narratief nie. En uiteindelik het ek nie meer tyd om dit verder te ontgin nie, want ek is uitgenooi vir middagete op 'n wynplaas by Stellenbosch. Ek laat weet vir Linda, my subredakteur, dat my brief gaan laat wees, dat ek nie eintlik iets het om te sê nie, dat goed nog in my kop moet prut. “Kyk of jou middagete iets oplewer," sê sy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.