WILLEM KEMPEN vertel van die kere toe hy dankbaar was dat daar nog Weense worsies in die koelkas was, en 'n oplossing vir probleme met ons Chinese goederetreine is onder die sewe goed wat jy vandag wil weet.
1. Die steenkoolmynbouer Thungela Resources het in samewerking met Transnet Freight Rail agtergekom dat generiese alternatiewe beskikbaar is vir sowat 80% van die onderdele van goederetreine wat deur die China Railway Rolling Stock Corporation (CRRC) aan Suid-Afrika voorsien is. CRRC weier te midde van 'n regsdispuut om onderdele aan Thungela te verskaf, wat een van die redes is waarom steenkoolvolumes op die sogenaamde noordelike korridor verlede jaar tot 'n laagtepunt van 47 miljoen ton gedaal het. “Tussen ons en Transnet het ons verskaffers geïdentifiseer wat ons direk oor hierdie kritieke onderdele kan nader, eerder as om deur CRRC te werk," het Thungela se uitvoerende hoof, July Ndlovu, aan News24 gesê.
2. Julius Malema se “pyn" oor Floyd Shivambu se bedanking uit die EFF het reeds in woede verander. Malema het ondersteuners gister by 'n byeenkoms in Soweto gevra om 'n “ystermuur" om die party te bou, en gesê sommige EFF-leiers hoop om die party se komende nasionale verkiesingskonferensie vir persoonlike gewin te misbruik. Hy het uitgevaar teen Shivambu en onder meer gevra: “Floyd, what did I do to you?"..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
WOENSDAG MET WILLEM
Naminswilamin en ander maniere om dankie te sê
WILLEM KEMPEN vertel van die kere toe hy dankbaar was dat daar nog Weense worsies in die koelkas was, en 'n oplossing vir probleme met ons Chinese goederetreine is onder die sewe goed wat jy vandag wil weet.
Deel
7 goed wat jy vandag wil weet
1. Die steenkoolmynbouer Thungela Resources het in samewerking met Transnet Freight Rail agtergekom dat generiese alternatiewe beskikbaar is vir sowat 80% van die onderdele van goederetreine wat deur die China Railway Rolling Stock Corporation (CRRC) aan Suid-Afrika voorsien is. CRRC weier te midde van 'n regsdispuut om onderdele aan Thungela te verskaf, wat een van die redes is waarom steenkoolvolumes op die sogenaamde noordelike korridor verlede jaar tot 'n laagtepunt van 47 miljoen ton gedaal het. “Tussen ons en Transnet het ons verskaffers geïdentifiseer wat ons direk oor hierdie kritieke onderdele kan nader, eerder as om deur CRRC te werk," het Thungela se uitvoerende hoof, July Ndlovu, aan News24 gesê.
2. Julius Malema se “pyn" oor Floyd Shivambu se bedanking uit die EFF het reeds in woede verander. Malema het ondersteuners gister by 'n byeenkoms in Soweto gevra om 'n “ystermuur" om die party te bou, en gesê sommige EFF-leiers hoop om die party se komende nasionale verkiesingskonferensie vir persoonlike gewin te misbruik. Hy het uitgevaar teen Shivambu en onder meer gevra: “Floyd, what did I do to you?"..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Willem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.