Terwyl ons mekaar nog herken

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Terwyl ons mekaar nog herken

Ons boekeredakteur wonder of ons lewenslank dieselfde mens bly, en oor die dinge wat mense opval. Sy vertel van ons laaste twee afdelings en deel 'n lieflingsgedig.

Liewe vriende

Ek was dié week vir ’n paar dae op ’n plek wat ek al sedert my vroeë twintigs besoek. Daar is nie meer baie sulke plekke nie – ek woon nooit reünies by nie, my ouers se plasie is verkoop en al die plekke waar ek was, het weggeval. My eksman bewoon nog die huis wat ons saam gekoop het, wat intussen vervalle, stowwerig en oorvol geraak het. Soos ’n kluisenaar-pakrot loop hy deur die kamers waar ons soms gelukkig was. Leonard Cohen het gesing: Is this what you wanted, to live in a house that is haunted by the ghost of you and me? Ek was baie lanklaas daar.

Die huis wat ek herbesoek het, is aan drie kante omring deur water waarin ek in my vroeë twintigs geswem het. Vandag swem ons nie meer daar nie; daar is krokodille en seekoeie. Ons skeer oor die water in ’n motorboot, seil statig in ’n vlot terwyl ons teug aan skemerkelkies, of roei in gelid, soos ’n gedagte oor die blink water...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.