Regs/links/konserwatief/liberaal? Nee wat

MAANDAG MET MAX

Regs/links/konserwatief/liberaal? Nee wat

MAX DU PREEZ wonder oor etikette wat ons om mense se nekke hang, maar bekommer hom nietemin oor die verwringings en venyn van hedendaagse konserwatisme.

7 goed wat jy vandag wil weet

1. Israel het amper al die 320 missiele neergeskiet wat Hezbollah gister uit Lebanon afgevuur het. Dit was nadat Israeliese vegvliegtuie die strook van Lebanon teenaan die grens gebombardeer het. Albei lande sê hulle verlang nie 'n oorlog nie, maar sal paraat wees as dit wel gebeur. Intussen is minstens 71 mense gister en eergister dood in Israelse aanvalle op Gaza, wat die sterftesyfer sedert 7 Oktober verlede jaar op byna 41 000 te staan bring.

2. Navorsers sê sowat 2,5 miljoen Soedannese kan voor die einde van die jaar weens honger sterf as daar nie 'n reusagtige hulpprojek geloods word nie. Meer as die helfte van Soedan se 45 miljoen mense het dringend hulp nodig. Die Sudanese Armed Forces, wat hulleself in die burgeroorlog as die regering van die land voorhou, het die naweek 15 vragmotors met kos toegelaat om die grens met Chad oor te steek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.