Afrikanerskap is ’n dinamiese ding en dit behoort aan niemand nie

DONDERDAG MET BOUWER

Afrikanerskap is ’n dinamiese ding en dit behoort aan niemand nie

BOUWER BOSCH soek 'n rolmodel vir hoe Erfenismaand gevier moet word, en daar is soos altyd sewe dinge wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Die broer en suster Rushil en Nishani Singh het gister in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn op aanklagte van onder meer bedrog in verband met vervalste bankwaarborge wat aan Investec Bank gelewer is om 'n lening van R178 miljoen te bekom. Die Singhs, het Kyle Cowan van News24 vroeër berig, se name is al genoem te midde van verskeie polisie-ondersoeke, insluitend die dubbele moord op die likwidateurs Cloete en Thomas Murray. 

2. Die plaaslike prys van aartappels het die afgelope week gemiddeld met 15% gestyg, het die produsente-organisasie Potatoes SA aan Reuters gesê. Die stygings word hoofsaaklik toegeskryf aan oesskade weens swartryp in Limpopo. Suid-Afrika is naas Egipte en Algerië die grootste produsent van aartappels in Afrika...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.