Jou innerlike schweinehund en ‘letting go<strong>’</strong>

SALIGE SONDAG

Jou innerlike schweinehund en ‘letting go

ANNELIESE BURGESS skryf oor 'n paar van die beste stukkies lewensadvies wat sy nog ontvang het. En deel ook 'n gedig, musiek en 'n paar ander aanbevelings oor wat om te lees en kook.

Goeiemôre 

Een van die beste stukkies lewensadvies wat ek nog gekry het was van my vriend Johann van Loggerenberg. Ek onthou die gesprek. En ek ken selfs die datum, want ek het 'n foto van die draadtafeltjie voor 'n huis in Paternoster geneem waar ek 'n glas wyn sit en drink het terwyl ek met hom op die foon praat: 8 Julie 2022.

“Moenie 'n varknek wees nie." (OK, die presiese woordjie wat hy gebruik het rym met roos, maar my adviseur oor vloeksake, kollega Laureen Rossouw, sê dié woord maak te veel mense ongemaklik. Dit bly vir my interessant hoe verskillende vloekwoorde verskillende vlakke van sterkte inhou vir mense. Vir my het dié spesifieke woord heeltemal sy oorspronklike konnotasie verloor. Hier in die Oos-Kaap gebruik die Engelse dit mildelik. Dit is heeltemal ingeburger as aanvaarde slang vir iemand wat hulleself sleg of swak of simpel gedra. Anyway, I err on the side of caution.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.