Trump ongedeerd nadat skote naby hom klap op gholfbaan

MAANDAG MET MAX

Trump ongedeerd nadat skote naby hom klap op gholfbaan

Daar was 'n tweede vermeende sluipmoordpoging op Donald Trump, en nog dinge om vandag te weet. MAX DU PREEZ het die medisyne vir neerslagtigheid ontdek, en jy kan ons eerste poging tot ons eie woordspeletjie probeer, net onder die gedig van die dag.

7 goed wat jy vandag wil weet

1. 'n Man is in aanhouding nadat hy met 'n aanvalsgeweer en teleskoop binne 400 meter van Donald Trump gekom het waar die Republikeinse presidentskandidaat besig was om op een van sy eie gholfbane in West Palm Beach in Florida te speel. Agente van die geheime diens het die man gewaar en vier tot ses skote op hom geskiet voordat hy op Trump kon skiet. Die man is glo nie getref nie en het gevlug, maar is later daar naby in sy voertuig aangekeer. 

2. Verligting vir Suid-Afrikaners met baie skuld wag dalk op Donderdag wanneer die Reserwebank sy volgende rentekoersbesluit aankondig. Die verwagting is dat die bank se komitee oor monetêre beleid die repokoers met 0,25 persentasiepunte tot 8% sal verlaag, wat die eerste verandering sedert Mei verlede jaar sal wees toe dit met 0,5 persentasiepunte tot die huidige 8,25% verhoog is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.