Saterdag: Los my klippe, Marie Kondo!

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Saterdag: Los my klippe, Marie Kondo!

Ons boekeredakteur vertel wat haar vreugde laat opvlam, en van Boeke en Agterblad en deel 'n gunsteling-gedig.

Liewe vriende

Ja, ek is steeds op Facebook. Ek besef dis uncool en dit dateer my, maar dis my album en dagboek, die manier waarop ek in verbinding bly met ou vriende en kennisse. Waar ek kan sien met watter manuskripte skrywers besig is en wanneer hulle boek op die rak gaan wees. Soms gaan staan tyd stil en ek verval in ’n dwaal, vasgevang in ’n eindelose stroom kat-video’s.

Maar wanneer ek soggens wakker word, het ek oornag op Facebook 116 vreemdelinge uit die Arabiese Emirate, Suid-Amerika, China, Japan en oral oor ge-like en ge-follow, terwyl ek slaap. Dan moet ek hulle een vir een unlike, unfollow en blok. Ek voel soos die Klein Prinsie wat elke oggend die kremetarte op sy planeet moet uitroei. Die lewe verg soveel onderhoud. Oral steek onkruid kop uit en stof vergader. Ek het my privacy settings verander; dit help niks. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.