Die lewe is ’n lied. Sing, bliksem, sing

MAANDAG MET MAX

Die lewe is ’n lied. Sing, bliksem, sing

MAX DU PREEZ wonder of hy 'n teësin in foto's van homself het, want hy wil nie herinner word aan hoe hy gelyk het toe hy jonger was nie. En dan is daar sewe goed om te weet.

7 goed wat jy vandag wil weet

1. Die Suid Afrikaanse Polisiediens het twee dae ná ’n massaskietery by Lusikisiki in die Oos-Kaap nog geen aanduiding gegee van ’n moontlike motief vir die moorde nie, of dat enige verdagtes geïdentifiseer is nie. Nadat nog ’n slagoffer gister in die hospitaal beswyk het, staan die dodetal op 18 mense, waarvan 15 vroue was. Een van die vier oorlewendes is ’n tweejarige meisie wie se ma in die aanval dood is. Die slagoffers is by twee huise in een straat doodgeskiet.

2. Spar in die Oos-Kaap het Top Score se vanilla-gegeurde kitspap van hulle rakke afgehaal nadat twee kleuters en ’n baba Vrydagaand in Mdantsane dood is toe hulle daarvan geëet het. Die produk is by Da Freitas-Spar gekoop. Lt.kol. Siphokazi Mawisa van die Oos-Kaapse SAPS het bevestig dat die kleintjies ná aandete gekla het van maagpyn en na die naaste kliniek geneem is, waar hulle dood verklaar is. Die polisie het ’n ondersoek geloods terwyl Spar hulle eie ondersoek aan die gang gesit het. Top Score-kitspap word in Namibië vervaardig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.