Ingrid Jones is ’n UWK-alumnus met ’n agtergrond in onderwys (Afrikaans en kommunikasiekunde); ’n TV-en-radio-aanbieder, en die mede-eienaar en hoofredakteur van Mikateko Media (wat die tydskrifte Destiny, Sawubona en Koe’sister uitgee). Intussen het sy op 60-jarige ouderdom ’n klerereeks vir vroue, #mycurrentobsession, begin omdat daar gewoon net lelike klere vir die ouderdomsgroep in winkels is. Sy woon tans in Pringlebaai waar die bobbejane baljaar, die wind altyd waai en mens nog vry kan asemhaal.
DINSDAG MET INGRID
Lees verruim jou kennis, maar kan ook weer wonde oopmaak
INGRID JONES is terug in Suid-Afrika en het 'n goeie gesprek met oudgenl. Jeremy Vearey gehad oor 'n boek wat die wind uit haar seile gehaal het. En dan is daar weer sewe goed wat jy vandag wil weet.
Deel
1. Pres. Joe Biden het gister op die eerste herdenking van Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober verlede jaar 'n pleidooi gerig dat die bloedvergieting tot 'n einde kom. “On this day last year, the sun rose on what was supposed to be a joyous Jewish holiday. By sunset, October 7 had become the deadliest day for the Jewish people since the Holocaust. Today marks one year of mourning for the more than 1,200 innocent people of all ages, including 46 Americans, massacred in southern Israel by the terrorist group Hamas."
2. Die families van Israeliese gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word, het vir die geleentheid naby premier Benjamin Netanyahu se woning in Jerusalem byeengekom. Uit die 251 mense wat op 7 Oktober verlede jaar as gyselaars geneem is, word 'n geraamde 97 steeds in die Gaza-strook aangehou, hoewel 34 van hulle volgens die Israeliese weermag reeds dood is.
3. Libanon se ministerie van gesondheid het gesê 10 brandbestryders is oornag dood in 'n Israeliese lugaanval in die suide van die land. Twee mense is ook dood nadat Israeliese vegvliegtuie 'n huis in die Libanese dorp Qaliya in die westelike Bekaa-vallei gebombardeer het. Ayman Safadi, Jordanië se minister van buitelandse sake, het tydens 'n besoek aan Libanon gewaarsku dat “Israeliese aggressie" die streek tot op die rand van volskaalse oorlog dryf...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Ingrid Jones
SkrywerIngrid Jones is ’n UWK-alumnus met ’n agtergrond in onderwys (Afrikaans en kommunikasiekunde); ’n TV-en-radio-aanbieder, en die mede-eienaar en hoofredakteur van Mikateko Media (wat die tydskrifte Destiny, Sawubona en Koe’sister uitgee). Intussen het sy op 60-jarige ouderdom ’n klerereeks vir vroue, #mycurrentobsession, begin omdat daar gewoon net lelike klere vir die ouderdomsgroep in winkels is. Sy woon tans in Pringlebaai waar die bobbejane baljaar, die wind altyd waai en mens nog vry kan asemhaal.