‘Kritieke en onvoorspelbare nuwe fase van die klimaatkrisis’

WOENSDAG MET WILLEM

‘Kritieke en onvoorspelbare nuwe fase van die klimaatkrisis’

'n Gesaghebbende nuwe verslag oor ons planeet se welstand is onder die sewe goed wat jy vandag wil weet, en MAX DU PREEZ sluit daarby aan met wenke oor hoe om veilig te bly in ekstreme weer. WILLEM KEMPEN sê ons het goeie plaaslike koerante net so nodig soos geloofwaardige nasionale media.

1. Dr. Nasiphi Moya van ActionSA gaan waarskynlik vandag as die nuwe burgemeester van Tshwane verkies word nadat 'n ooreenkoms daaroor tussen Herman Mashaba en die ANC bereik is. Moya is genomineer deur Eugene Modise, voorsitter van die ANC in die metroraad. Die vorige burgemeester, Cilliers Brink van die DA, was die enigste ander nominasie.

2. Pres. Cyril Ramaphosa het vanoggend sy medelye uitgespreek met die naasbestaandes van past. Ray McCauley, stigter van die Rhema Bible Church, wat gisteraand in die ouderdom van 75 oorlede is. McCauley het 'n kritieke rol in die oorgang na demokrasie gespeel, soos toe hy wit Suid-Afrikaners tydens die Waarheids-en-Versoeningskommissie-verhore aangemoedig het om te erken dat hulle deur regeringspropaganda mislei is en dat hulle verlam was deur 'n valse respek vir gesag om blote toeskouers van verskriklike vergrype te wees.

3. Baie van die belangrikste aanwysers van die aarde se welstand is by rekord-uiterstes, sê 'n groep van die wêreld se mees senior klimaatdeskundiges in 'n verslag (https://academic.oup.com/bioscience/advance-article/doi/10.1093/biosci/biae087/7808595?login=false) wat deur die vaktydskrif Bioscience gepubliseer is. Dit dui op “ 'n kritieke en onvoorspelbare nuwe fase van die klimaatkrisis". Prof. William Ripple van die Oregon State University, medeleier van die groep, het volgens The Guardian gesê: “Ecological overshoot – taking more than the Earth can safely give – has pushed the planet into climatic conditions more threatening than anything witnessed even by our prehistoric relatives."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.