ALI VAN WYK help maak vir Gansbaai lekker, en die verwagte verwoesting wat die orkaan Milton gaan saai is een van die sewe dinge wat jy vandag wil weet.
1. Owerhede in die Amerikaanse staat Florida het gewaarsku dat enigeen wat 'n verpligte ontruimingsbevel verontagsaam voordat orkaan Milton aan land kom, hulle lewe in hulle eie hande neem. “If you are in a single storey home that is hit by a 15ft [4,5 m] storm surge, it means the water comes in immediately, so there’s nowhere to go. That home that you’re in ultimately will be a coffin,” het Jane Castor, burgemeester van Tampa, inwoners gemaan wat verseg om na veiligheid te probeer vlug.
2. Die eerste man wat aangekla word in verband met die skietvoorval in Lusikisiki wat die lewe van 18 mense geëis het, was uit op parool nadat hy weens moord in die tronk was. Die 45-jarige Siphosoxolo Myekethe het gister in die Lusikisiki-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op 18 aanklagte van moord en een aanklag van die besit van 'n ongelisensieerde AK-47.
3. Dr. Nasiphi Moya van ActionSA is as die nuwe burgemeester van Tshwane verkies. Ten einde sy steun te demonstreer het die DA haar voorganger, Cilliers Brink, ook vir die pos genomineer al het hulle nie die nodige getalle in die raad gehad om hom weer verkies te kry nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DONDERDAG MET ALI
‘Vlug voor jou huis ’n kis word’
ALI VAN WYK help maak vir Gansbaai lekker, en die verwagte verwoesting wat die orkaan Milton gaan saai is een van die sewe dinge wat jy vandag wil weet.
Deel
1. Owerhede in die Amerikaanse staat Florida het gewaarsku dat enigeen wat 'n verpligte ontruimingsbevel verontagsaam voordat orkaan Milton aan land kom, hulle lewe in hulle eie hande neem. “If you are in a single storey home that is hit by a 15ft [4,5 m] storm surge, it means the water comes in immediately, so there’s nowhere to go. That home that you’re in ultimately will be a coffin,” het Jane Castor, burgemeester van Tampa, inwoners gemaan wat verseg om na veiligheid te probeer vlug.
2. Die eerste man wat aangekla word in verband met die skietvoorval in Lusikisiki wat die lewe van 18 mense geëis het, was uit op parool nadat hy weens moord in die tronk was. Die 45-jarige Siphosoxolo Myekethe het gister in die Lusikisiki-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op 18 aanklagte van moord en een aanklag van die besit van 'n ongelisensieerde AK-47.
3. Dr. Nasiphi Moya van ActionSA is as die nuwe burgemeester van Tshwane verkies. Ten einde sy steun te demonstreer het die DA haar voorganger, Cilliers Brink, ook vir die pos genomineer al het hulle nie die nodige getalle in die raad gehad om hom weer verkies te kry nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.