Ek is nog hy/sy/hulle/dit/sig ... sug

WOENSDAG MET WILLEM

Ek is nog hy/sy/hulle/dit/sig ... sug

WILLEM KEMPEN wonder wanneer ons in Afrikaans oor pronouns gaan begin praat, en die nuutste oor die geveg oor die kommersiële regte op onder meer die Springbokke is van die goed wat jy vandag wil weet. Lees ook ons nuwe storie oor Tito Mboweni, wat Saterdag oorlede is.

Nuut: Tito Mboweni: die rebelse bankier (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2024-10-16-tito-mboweni-die-wegbreker-se-bankier/)


1. Van die land se invloedrykste rugbybase het in 'n brief uitgevaar teen Saru se planne om beheer oor sy kommersiële regte teen 'n oënskynlike afslagprys aan die Amerikaanse Ackerley Sports Group (ASG) af te staan. Business Day het berig dat die voormalige F1-baas Eddie Jordan asook Jurie Roux, omstrede voormalige bedryfshoof van Saru, die beoogde transaksie help fasiliteer het. Teenstanders van die transaksie sluit in Johann Rupert, Patrice Motsepe, Jannie Durand en Stephen Saad.

2. Die Inkomstediens het spesiale toestemming gegee vir die invoer van vliegtuigbrandstof om tekorte by OR Tambo en ander lughawens oor die Desember-vakansietydperk te voorkom. Die dreigende tekorte word glo veroorsaak omdat die bedryf sukkel om te voldoen aan die streng bepalings van die Doeane- en Aksynswet, en omdat drie raffinaderye aan die kus die afgelope jare gesluit het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.