Ingrid Jones is ’n UWK-alumnus met ’n agtergrond in onderwys (Afrikaans en kommunikasiekunde); ’n TV-en-radio-aanbieder, en die mede-eienaar en hoofredakteur van Mikateko Media (wat die tydskrifte Destiny, Sawubona en Koe’sister uitgee). Intussen het sy op 60-jarige ouderdom ’n klerereeks vir vroue, #mycurrentobsession, begin omdat daar gewoon net lelike klere vir die ouderdomsgroep in winkels is. Sy woon tans in Pringlebaai waar die bobbejane baljaar, die wind altyd waai en mens nog vry kan asemhaal.
DINSDAG MET INGRID
‘Kom ons wéés net hierdie feestyd’
INGRID JONES nooi vanjaar ander alleenmense, almal vroue, na haar Kerstafel buite onder 'n boom. Sonder 'n gekwetter en beslis sonder Boney M. En dan is daar weer sewe goed wat jy vandag wil weet.
Deel
1. Herman Mashaba van ActionSA het sy rol in die ondergang van die DA se Cilliers Brink as burgemeester van Tshwane verdedig deur te sê dit was die enigste manier om sy party se voortbestaan te verseker. Mashaba het op 'n nuuskonferensie gesê hy gaan nie toelaat dat ActionSA dieselfde pad loop as Agang en ander kleiner partye wat deur die DA ingesluk is nie. “It's unfortunate what really happened, but we had to do everything in our power. We have the constitutional right to defend ourselves, and that's exactly what we did. I'm a very strong believer that when you are faced with a threat, and a threat that wants to really destroy you, what you do is you attack first," het Mashaba gesê.
2. Belastingbetalers het net minder as R805 000 opgedok vir Gayton McKenzie se besoek aan Parys vir die Olimpiese Spele, blyk uit antwoorde op vrae in die parlement. Die totale koste vir hom as minister van sport, kuns en kultuur, en ander amptenare van die departement was R1,8 miljoen, wat heelwat meer is as die R1,3 miljoen wat voorheen aan sogenaamde superfans bestee is voordat McKenzie dit kort ná sy aanstelling met groot gedruis gekanselleer het.
3. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) beplan glo om volle beheer van die Springbokke se kommersiële regte aan die Amerikaanse Ackerley Sports Group (ASG) oor te dra, al gaan dié maatskappy 'n belang van net 20% opneem in die maatskappy waarin al Saru se kommersiële regte gesetel sal wees, het Kabelo Khumalo van Business Day berig. Ingevolge die plan, waaroor Saru se lede-unies Donderdag sal stem, sal ASG $75 miljoen (sowat R1,3 biljoen) betaal vir 20% van Saru se kommersiële belange. Dié belange sal gesetel wees in 'n nuwe maatskappy wat nog gestig moet word, die Saru Commercial Rights Company (CRC)...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Ingrid Jones
SkrywerIngrid Jones is ’n UWK-alumnus met ’n agtergrond in onderwys (Afrikaans en kommunikasiekunde); ’n TV-en-radio-aanbieder, en die mede-eienaar en hoofredakteur van Mikateko Media (wat die tydskrifte Destiny, Sawubona en Koe’sister uitgee). Intussen het sy op 60-jarige ouderdom ’n klerereeks vir vroue, #mycurrentobsession, begin omdat daar gewoon net lelike klere vir die ouderdomsgroep in winkels is. Sy woon tans in Pringlebaai waar die bobbejane baljaar, die wind altyd waai en mens nog vry kan asemhaal.