Max stel nou die dag voor dat ons ’n reeks oor Afrikaner-monsters doen – daar is soveel van hulle (ons). Dit laat my nadink oor klassifikasie. ’n Woord soos “armblanke” het min of meer uitgesterf, dink ek. Nou is dit net armes. Maar daar was ’n tyd toe dit vreemd was wanneer wit mense brandarm was. Ras word nie meer genoem in beriggewing nie, maar dikwels wonder ’n mens, wanneer jy van ’n gruwelike misdaad lees – was dit een van ons mense? Dis natuurlik belaglik. ’n Goeie, regverdige mens van enige ras of kultuur is my mens. Maar hierdie volksgevoel bly huiwer: ’n Mens se ore word warm van verleentheid wanneer iemand met dieselfde taal en agtergrond as jy lelik skandes maak.
Ek dink aan die lae lak Louis Liebenberg, die glimlaggende diamantsmous en (nog ’n verdagte woord) Boereverneuker. Dalk net verneuker? Narsiste, psigopate en rampokkers (wat ’n lekker woord) teiken mense van hulle eie groep, want hulle is meer toeganklik, hulle praat dieselfde taal en val vir dieselfde blink sjarme. Gladdebekkigheid is soos grappe – dit vertaal nie altyd goed nie. Hoe het hierdie rassistiese, vals gatkruiper en bedrieër dit reggekry om soveel mense te laat afsien van hulle neseiers?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR
Broer Louis Louis Louis laat die goedgelowige Boere bloei
DEBORAH STEINMAIR wonder oor Boereverneukers en sosiopatiese entrepreneurs. En kyk na Boeke en Agterblad en deel 'n skryfsel wat nie 'n gedig is nie.
Deel
Liewe vriende
Max stel nou die dag voor dat ons ’n reeks oor Afrikaner-monsters doen – daar is soveel van hulle (ons). Dit laat my nadink oor klassifikasie. ’n Woord soos “armblanke” het min of meer uitgesterf, dink ek. Nou is dit net armes. Maar daar was ’n tyd toe dit vreemd was wanneer wit mense brandarm was. Ras word nie meer genoem in beriggewing nie, maar dikwels wonder ’n mens, wanneer jy van ’n gruwelike misdaad lees – was dit een van ons mense? Dis natuurlik belaglik. ’n Goeie, regverdige mens van enige ras of kultuur is my mens. Maar hierdie volksgevoel bly huiwer: ’n Mens se ore word warm van verleentheid wanneer iemand met dieselfde taal en agtergrond as jy lelik skandes maak.
Ek dink aan die lae lak Louis Liebenberg, die glimlaggende diamantsmous en (nog ’n verdagte woord) Boereverneuker. Dalk net verneuker? Narsiste, psigopate en rampokkers (wat ’n lekker woord) teiken mense van hulle eie groep, want hulle is meer toeganklik, hulle praat dieselfde taal en val vir dieselfde blink sjarme. Gladdebekkigheid is soos grappe – dit vertaal nie altyd goed nie. Hoe het hierdie rassistiese, vals gatkruiper en bedrieër dit reggekry om soveel mense te laat afsien van hulle neseiers?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hugo, bel die Kolisi’s
Dis ek in die pienk suit voor die selonsroos
Hospitaal toe met Bybel en pienk beker
Jou flikker, vark!
Trump gaan wen, en liegbekke oral gaan juig
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.