EEN van my eerste mentors, dr. Stuart Cook, was van Wyoming. Cowboy country. Republikeinse paradys. Hy was die een wat gesê het, toe ek nog nie eens geweet het waarvan hy praat nie: “Never trust a Republican.” Ewenwel, hy het ook vertel sy ma het hom altyd gemaan: “Don’t be an also-ran.” ’n Runner-up. Só is ons ook grootgemaak: Ons is wenners, wenners, wenners.
Daar is soveel idiome vir wen, soos die loef afsteek, die pyp rook, die botoon voer, koning kraai, met die louere wegstap. Toe ek klein was, het ek aangeneem “louere" beteken boude. Jy rus dan op jou louere.
Dat ’n mens soms sal verloor, is onafwendbaar. Jy het immers ’n 50-50-kans, soos jou opponent. Maar dis nie iets waaraan ons ooit gewoond raak nie. Skoonheidskoninginne se prinsesse en tweede prinsesse snotter onbeskaamd. Akteurs kan beter toneelspeel en die verloorders glimlag styf en stoïsyns by prysuitdelings wanneer die kamera opsetlik hulle gesigte opsoek...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR
MAGA-man laat die dag verlep aan die tak
DEBORAH STEINMAIR het in 'n diepe depressie versink terwyl die uitslae van die Amerikaanse verkiesing inrol.
Deel
EEN van my eerste mentors, dr. Stuart Cook, was van Wyoming. Cowboy country. Republikeinse paradys. Hy was die een wat gesê het, toe ek nog nie eens geweet het waarvan hy praat nie: “Never trust a Republican.” Ewenwel, hy het ook vertel sy ma het hom altyd gemaan: “Don’t be an also-ran.” ’n Runner-up. Só is ons ook grootgemaak: Ons is wenners, wenners, wenners.
Daar is soveel idiome vir wen, soos die loef afsteek, die pyp rook, die botoon voer, koning kraai, met die louere wegstap. Toe ek klein was, het ek aangeneem “louere" beteken boude. Jy rus dan op jou louere.
Dat ’n mens soms sal verloor, is onafwendbaar. Jy het immers ’n 50-50-kans, soos jou opponent. Maar dis nie iets waaraan ons ooit gewoond raak nie. Skoonheidskoninginne se prinsesse en tweede prinsesse snotter onbeskaamd. Akteurs kan beter toneelspeel en die verloorders glimlag styf en stoïsyns by prysuitdelings wanneer die kamera opsetlik hulle gesigte opsoek...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Broer Louis laat die liggelowige Boere bloei
Hugo, bel die Kolisi’s
Van staat se geldsake tot die ding met egskeidings
Dis ek in die pienk suit voor die selonsroos
Hospitaal toe met Bybel en pienk beker
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.