Aartsbiskop bedank oor skandaal wat ook SA seuns betrek het

WOENSDAG MET WILLEM

Aartsbiskop bedank oor skandaal wat ook SA seuns betrek het

Die nadraai van die John Smyth-skandaal in die Church of England is een van die sewe goed wat jy vandag wil weet. WILLEM KEMPEN sê Donald Trump se tweede termyn gaan selfs meer vernietigend wees vir ons pogings om teen klimaatsverandering staande te bly.

IN DIE MAGA-LEEUKUIL | Die nuwe SA ambassadeur in die VSA gaan op eiers moet dans om die verhouding op goeie voet te hou.
Kliek hier om te lees (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2024-11-12-rasool-in-die-maga-leeukuil/)

1. Die aartsbiskop van Canterbury (Kantelberg), Justin Welby, het sy bedanking aangekondig weens toenemende druk oor sy hantering van die skandaal oor John Smyth se mishandeling van vermoedelik sowat 130 seuns (https://www.theguardian.com/world/2024/nov/07/church-of-england-covered-up-attacks-serial-abuser-john-smyth-review), insluitend in Suid-Afrika en Zimbabwe. Die mishandeling strek oor meer as vier dekades by onder meer kerkkampe. Welby het in sy bedanking as simboliese internasionale hoof van die Church of England gesê: “Having sought the gracious permission of His Majesty The King, I have decided to resign as Archbishop of Canterbury. The Makin Review has exposed the long-maintained conspiracy of silence about the heinous abuses of John Smyth. When I was informed in 2013 and told that police had been notified, I believed wrongly that an appropriate resolution would follow. It is very clear that I must take personal and institutional responsibility for the long and retraumatising period between 2013 and 2024.”

2. ’n Vrou van Gqeberha word daarvan aangekla dat sy die moord op haar eie seun georkestreer het, vermoedelik om die versekeringsgeld te kry. Shayhieda Dollie het na bewering twee mans, net bekend as “Shaun” en “Oompie”, gehuur om haar 22-jarige seun, Moegamat Dollie, te vermoor omdat hy 'n dwelmverslaafde en 'n “nuisance” was, het News24 berig. Sy het die moordenaars glo in Johannesburg gewerf en sou die R80 000 wat hulle gevra het, uit die R2 miljoen betaal wat haar seun se  lewensversekering sou uitbetaal. Toe sy te lank wag om daaroor te besluit, het die prys glo tot R380 000 gestyg...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.