Bokke is ’n metafoor vir wat SA kan wees

MAANDAG MET MAX

Bokke is ’n metafoor vir wat SA kan wees

Dis amptelik: MAX DU PREEZ is gatvol vir bekgevegte, Bela-propaganda, berigte oor korrupsie, gekonkel en strontstories in die algemeen. Die Springbokspan is nou sy ontvlugting; beter as drank, reken hy. En dan is daar weer sewe goed wat jy vandag wil weet.

EBEN VENTER UIT AUSTRALIË | Ons almal, oral op die planeet, is saam in hierdie ding. 

Kliek hier om te lees (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2024-12-01-in-die-oos-kaap-of-melbourne-die-aarde-se-belang-is-deel-van-jou/)

1. Die “deurbraak” en “oorwinning” waarvan Solidariteit gepraat het nadat hulle 'n ooreenkoms met die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube van die DA, oor die Bela-wet bereik het, was dalk van korte duur. Adjunkpresident Paul Mashatile en die ANC self het dadelik die ooreenkoms verwerp: “We are saying no, we cannot exclude the clauses,” het hy Saterdag in die Oos-Kaap gesê. En gister het pres. Cyril Ramaphosa verklaar: “The agreement between the Minister and Solidarity has no bearing – in law or practical effect – on the inclusive multiparty discussions that are underway on sections 4 and 5 of the Act. Furthermore, the agreement bears no influence on the President’s powers to ultimately take a decision regarding the commencement of the Act.” Ramaphosa het op 13 September die inwerkingstelling van twee omstrede klousules van die wet vir drie maande uitgestel sodat besware aangehoor kon word. Hy is onder geweldige druk van sy party, met sy kritici in Gauteng en KZN wat met 'n paleisrevolusie dreig, om die klousules teen die spertyd oor 11 dae in werking te stel. Sy kantoor het gister 'n aanduiding gegee van wat kom: “The President is bound by the Constitution and the law and remains steadfast in ensuring transformation in the education sector for the benefit of present and future generations of learners.” Hy het later in 'n onderhoud wat hy self op Twitter/X geplaas het, gesê hy sal die saak teen einde Desember finaliseer en dat enige oplossing vir almal aanvaarbaar moet wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.