Die son word klein, daar’s roes in die klawer

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Die son word klein, daar’s roes in die klawer

In hierdie laaste dae van 'n lang jaar slaan ons boekeredakteur haar oë op na die digters.

Liewe vriende

Dis einde van die jaar en ons koppe is suf. Ons het horisonne gejaag en wanneer ons hulle gevang het, het ons hulle nie altyd herken nie. Want horisonne skuif, sodat jy nooit aanland nie. Ek lees ’n sin in ’n boek en dis soos ’n ontploffing in my brein: We would do well to keep ever in mind that for the horizon we are the horizon. Aan die einde van die jaar verloor ons perspektief.

Breyten – van wie die meeste van ons dié week ondramaties afskeid geneem het in ’n statiese video met een kamera gerig op ’n naamlose kis met monnike wat wit stertpluime swaai en dreunsing, en hier en daar ’n fyn simbaaltjie – Breyten het woorde gevind vir die vermoeiende sirkelgang van ons lewe en selfs daaraan ’n magiese element verleen:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.