Baie is beslis fout, maar Suid-Afrika misluk darem nog nie

DAAR ÍS NOG TYD

Baie is beslis fout, maar Suid-Afrika misluk darem nog nie

Die regering misluk klaaglik met die lewering van basiese dienste en om te verseker dat elke landsburger veilig voel. Dit beteken egter nie dat Suid-Afrika op misluktestaat-status afstuur nie, skryf HUGO PIENAAR.

NÁ die byna 10 “verlore” jare van die Jacob Zuma-en-Gupta-treurmare, is dit vergesog om te dink dat Suid-Afrika oor nog 10 jaar ’n mislukte staat kan wees? Nie heeltemal nie, maar dis beslis ook nie onafwendbaar nie. Die gevolge van Covid-19 gaan dit nog moeiliker maak om die land terug op ’n pad na groter welvarendheid te plaas, maar die boustene om algehele verval te verhoed word stadiger maar seker reeds in gereedheid gebring.

Eunomix, ’n Johannesburgse konsultasiefirma, voer in ’n onlangse verslag oor Suid-Afrika aan dat indien die land nie dramaties wegswenk van die negatiewe tendenslyn van die onlangse verlede nie, ons afpyl om teen die einde van die dekade ’n mislukte staat te wees.

Wat is ’n mislukte staat? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.