Kaapse plante sterf uit – wat gaan gebeur met die wêreld se...

OMGEWINGSKRISIS

Kaapse plante sterf uit – wat gaan gebeur met die wêreld se kleinste blommeryk?

Die omgewingskrisis trap groot spore in die Wes-Kaap. SARAH WILD skryf dat baie van die wêreld se plantspesies, wat net in dié provinsie aangetref word, uitsterf.

BYKANS 40 plantspesies het sedert 1900 in die Wes-Kaap uitgesterf. Wat dit nog meer kommerwekkend maak, is dat dit een van die plekke op aarde is wat die meeste getref word.

’n Nuwe studie (https://www.nature.com/articles/s41559-019-0906-2.epdf?shared_access_token=IWH2yPE3-seGeBbwxPiAztRgN0jAjWel9jnR3ZoTv0MjshkozOI4RClIULpuoSBETZ6eu7hTz0zAj-zrWJ2MhobrWExV0XhYpkPZWYtIRTaSjETR9NiA_ynX78h8l5tALwOT9TbEsvXOFrzfUS8DOA%3D%3D) wat in die publikasie Nature Ecology and Evolution verskyn het, het bevind dat sowat 600 bome, blomme en vrugdraende plante sedert 1900 wêreldwyd uitgesterf het – teen ’n koers van omtrent drie spesies per jaar.

Dit is ongeveer 500 keer meer as die natuurlike koers waarteen wetenskaplikes beraam het plante sou uitsterf. Die navorsers het die data gebruik van die International Union for Conservation of Nature se rooilys van bedreigde spesies, en die spesies wat bedreig of uitgesterf het die afgelope drie dekades...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.