Perlemoenstropery: Sammy Brett sê Vrye Weekblad het hom...

VERDUIDELIKING

Perlemoenstropery: Sammy Brett sê Vrye Weekblad het hom valslik beskuldig

Mnr. Brett het deur sy regsverteenwoordigers enige verbintenis met die “Nommerbende" of enige betrokkenheid by die “onwettige perlemoenbedryf" ontken.

Die Gansbaai-hawe.
KUSGEMEENSKAPPE ... Die Gansbaai-hawe.
Image: JOHN GROBLER

Ons verwys na 'n storie wat Vrye Weekblad op 7 Junie gepubliseer het met die titel “Perlemoen: Rampokkerbedryf floreer in die tentakels van korrupsie".

In die storie skryf vryskutjoernalis John Grobler dat Sammy Brett 'n lid is van Ernie “Lastig" Solomons se bende, die 28s, en dat hy Solomons gehelp het om konsessies te verkry. Voorts verwys Grobler na 'n foto wat op sosiale media versprei is, waarin mnr. Brett verskyn saam met die oudminister van landbou en visserye, Senzeni Zokwana, en Overberg ANC-parlementslid Mgcina Tebele. Hy sê die foto dui op 'n korrupte verhouding met die minister, onder wie se toesig die perlemoenbedryf was.

Grobler het mnr. Brett nie die geleentheid gegee om voor die publikasie van die storie op die bewerings te reageer nie. Ons bied onvoorwaardelik verskoning hiervoor aan.

Mnr. Brett het deur sy regsverteenwoordigers enige verbintenis met die “Nommerbende" of enige betrokkenheid by die “onwettige perlemoenbedryf" ontken. Volgens hom het enige bande wat hy in die verlede met die bedryf gehad het, in 2001 geeïndig. Volgens hom is hy nou in besit van wettige permitte om “wettige hoeveelhede" perlemoen te oes.