Die Wilde Weste van myne en water

WATERSKANDAAL

Die Wilde Weste van myne en water

’n Nuwe verslag deur die Sentrum vir Omgewingsregte wemel van skokonthullings oor Suid-Afrika se steenkoolmynbedryf en Suid-Afrika se waterbronne. En die sheriff wat die skuldiges moet vasvat, lê en slaap onder ’n boom, skryf YOLANDI GROENEWALD.

STEENKOOLMYNE  en die omgewing het nog nooit om dieselfde vuur gesit nie, maar daar is mos wette en owerhede wat sorg dat die mynmaatskappye in hul spoor trap en betaal vir wat hulle breek, of hoe?

Toe nie, wys ’n skokkende nuwe studie wat bevestig wat baie mense lankal vermoed het: Die mynbedryf het ’n Wilde Weste geword waar die omgewing en Suid-Afrika se waterbronne aan die kortste ent trek. En die sheriff wat die skuldiges moet vasvat, lê en slaap onder ’n boom.

Die verslag van die Sentrum vir Omgewingsregte (CER) wat hierdie week uitgereik is, skets ’n donker prentjie oor die vernietigende impak van steenkoolmynbou in Mpumalanga, en oor hoe die departement van water en sanitasie skaars die pyp rook wat die polisiëring van waterlisensies betref. Verder poets die omgewingsouditeurs net die myne se omgewingsbeeld blink ten koste van Suid-Afrika se water, sê die CER. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.