Jong Zimbabwe-olifante aan China gesmous

IN AFSKORTINGS AANGEHOU

Jong Zimbabwe-olifante aan China gesmous

In Zimbabwe se Hwange-park wag meer as 30 jong olifante om aan China verkoop te word, terwyl 'n saak in die hooggeregshof in Harare woed om die toenemende uitvoer van dié land se natuurlewe in die naam van bewarings-fondse te probeer keer. PETA THORNYCROFT stel ondersoek in.

ZIMBABWE het al amper ses maande lank meer as 30 jong olifante in gevangenskap en sê hulle moet die diere aan China verkoop omdat hulle nie geld het vir bewaringsinisiatiewe en om stropery hok te slaan nie.

Die olifante is reeds gespeen en die meeste is tussen vyf en sewe jaar oud. Daar is 'n beleid om olifante mak te maak vir uitvoer sodat hul dieet kan verander en hulle gewoond kan raak aan mense voor die lang vliegrit na die buiteland.

Hierdie jong diere word in afskortings in die afgeleë en woudagtige Mchebi-kamp binne die reusagtige Hwange Nasionale Park in die noordweste van Zimbabwe aangehou. Dit word beheer deur die land se parke- en natuurlewe-owerheid, bekend as ZimParks...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.