Philippi: Beton vs blomkool

DIE GROND PRAAT MET JOU

Philippi: Beton vs blomkool

’n Regstryd woed oor die hersonering van dele van die Philippi-landbougebied in Kaapstad om te verhoed dat owerhede nóg grond vir ontwikkelings opsysit waar boerdery kan plaasvind. Maar dit gaan oor veel meer, berig JORISNA BONTHUYS. Oor mense se nawelstringe, oor kossekerheid, water, grond en oorlewing.

WINNIE Toerien (46) sê daar is min dinge “so goed vir die siel” soos om onkruid tussen saailinge uit te trek. “Die lewe is om verskillende seisoene in jou groentetuin te beleef,” sê sy. “As jy sukkel met dié oes, dan maak jy volgende keer ander planne.”

Toerien het grootgeword in die Philippi-landbougebied waar haar ma destyds as plaasarbeider gewerk het. “Jy kan seker sê ek het leer kruip tussen die groenterye terwyl my ma daar rondgeskoffel het,” vertel sy.

Haar gesin moes die plaas verlaat nadat haar ma ongeskik vir werk verklaar is. Sy is beseer in ’n messtekery wat haar deels verlam gelaat het. “Ons het toe na Jim se Bos oftewel Olieboom (’n nabygeleë informele nedersetting) geskuif. In Olieboom het ek geleer om heeltyd oor my skouer te kyk. Dit is maar onveilig daar.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.