Sonder groener brandstof in Sasol se tenks gaan sy wiele tot...

AMAGLUGLUG

Sonder groener brandstof in Sasol se tenks gaan sy wiele tot stilstand knars

Die petrochemiese reus Sasol is een van die wêreld se grootste besoedelaars, en besef dat dinge drasties sal moet verander as hy wil oorleef, skryf YOLANDI GROENEWALD. Die maatskappy het ’n plan om dit reg te kry, maar is dit genoeg?

SASOL se nuwe klimaatsveranderingsplan kan dié petrochemiese reus se belangrikste dokument van die afgelope dekade wees.

In 'n wêreld waar fossielbrandstofmaatskappye as muishonde gebrandmerk word, waar wetgewing swaar vonnisse voorsien vir besoedelaars en waar beleggers traag is om geld te gee vir enige projek wat binne 'n dekade 'n wit olifant kan wees, sal hierdie plan bepaal of Sasol oor tien jaar nog kan bestaan. Sonder verandering is dit inderdaad klaar met Kees, veral weens die beoogde koolstofbelasting wat die maatskappy uiteindelik 'n fortuin kan kos.

Sasol het hierdie week 'n klimaatstrategie-dokument uitgereik wat insae gee in hoe die maatskappy wil verander. Die werklike plan word egter eers volgende jaar verwag: Sasol se November 2020-padkaart oor hoe presies hy sy uitlating van kweekhuisgasse wil verminder...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.