Die pad na gesondheidsorg in die Oos-Kaap is lank en swaar

DIE STELSEL IS GEBREEK

Die pad na gesondheidsorg in die Oos-Kaap is lank en swaar

Gesondheidsorg is ’n basiese mensereg, maar vir hierdie Oos-Kapenaars is dit uiters gevaarlik om by klinieke en hospitale uit te kom. ALICESTINE OCTOBER van Spotlight vertel.

WAT vir die meeste mense ’n gewone besoek aan ’n kliniek is, het vir ’n jong meisie in Junie vanjaar in ’n nagmerrie ontaard toe sy van die Nkanya-kliniek in die omgewing van die Xhora-riviermond in die Oos-Kaap op pad huis toe was. Sy is verkrag in ’n bos waardeur sy moes loop om by haar huis in die dorpie Folokwe uit te kom.

Sy was 15 jaar oud.

Luitenant-kolonel Mfundiso Mbena, bevelvoerder van die Elliotdale-polisiekantoor waar die verkragting aangemeld is, sê dit gebeur dikwels. “Ons vroue word aangeval wanneer hulle lang afstande te voet in die diep landelike gebiede aflê. Wat in Xhora-mond gebeur het, gebeur in al hierdie landelike gebiede.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.