Sandile Dikeni – digter, skrywer, anti-apartheidsaktivis en eens redakteur van Die Suid-Afrikaan – is vroeër die maand op die ouderdom van 53 aan tuberkulose (TB) oorlede. Talle mense was verstom om die oorsaak van sy dood te hoor, maar Suid-Afrika dra swaar aan die siektelas van TB, veral onder armer gemeenskappe wat in moeilike omstandighede woon waar siektes maklik versprei.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se 2019-verslag het die gemiddelde Suid-Afrikaner ’n kans van sowat 5 uit 1,000 (1 uit 200) om TB op te doen.
“Realisties gesproke het elke Suid-Afrikaner die kans om TB te kry; onder kwesbare gemeenskappe is die risiko natuurlik veel hoër as dié van meer welgestelde gemeenskappe,” sê dr. Stephanus Malherbe, ’n kliniese navorser by die afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.