Hoe wild en verwaarloos ís ons Wildtuin?

ERFENIS

Hoe wild en verwaarloos ís ons Wildtuin?

Mense kla dat die Nasionale Krugerwildtuin, kroonjuweel van die land se ryk parke-erfenis, uitrafel en tot niet gaan – ‘nes alles in die land’. MICHÈLE MEYER pak haar tent en haar kettie in, en vertrek op ’n kampeer-speurtog.

EK moes al by etlike sosiale geleenthede aanhoor hoe die Krugerwildtuin agteruitgaan. Dat daar nie bestuur is nie en kampe uitmekaarval. Hoe ongepoets of ongeërg personeel is. Dringende krisisse soos die ontsaglike nievolhoubare olifantbevolking bly onaangespreek. Ruskampverblyf verswak weens die gebrek aan onderhoud.

Dit kan bloot nie, ek móét weet. Dus besluit ons ons reis regdeur, van noord na suid. In by Punda Maria se hek doer bo in Limpopo en 10 dae later weer uit by Malelane in Mpumalanga.

So ’n pelgrimstog neem jou gees na lankal vergeet se bospaadjies. Die ritueel van parkeer buite die Punda-hek en instap in die soet dekgraskoelte van die ontvangskantoor bly bekoorlik. Dan die aanskuif van jou kosbare besprekingsvorm oor die houttoonbank. Die personeellid in haar sandkleurige uniform glimlag en haar “welcome” is vir my ’n klein tuiskoms...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.