’n Masker teen die koronavirus

PANIEK OOR EPIDEMIE

’n Masker teen die koronavirus

Soos die syfers aanhou klim van mense wat deur die geheimsinnige koronavirus neergevel word, skaf GERHARD GREYVENSTEYN, ’n Suid-Afrikaner wat in Shanghai woon, op die vooraand van die Chinese Nuwejaar sy eerste masker aan. Maar dalk is dit veiliger om eerder tuis te bly …

DIE erns van die saak het my getref toe ek gister op die metro klim. Ek was op pad middestad toe waar ek my paspoort by my maatskappy se hoofkantoor moes gaan haal, ’n 25-minute-rit per metro.

Ek het onlangs van een munisipale gebied na ’n ander getrek en dit het baie papierwerk behels, grotendeels digitaal hanteer deur die visumspan, maar die fisieke paspoort is helaas nog betrokke by die hele gedoente.

Die pad tussen my woonstel en die metrostasie is stil met min voetgangers. Hoe nader ek aan die stasie gekom het, hoe meer mense was daar – met maskers. In die stasie het al die beamptes maskers gedra, van die meer ernstige soort met ’n tipe van ’n filterknoppie aan die kant (ek sou later die dag uitvind dit staan bekend as N95-maskers)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.