DIE Oscar-wenner Joaquin Phoenix se aandpak is amper net so veelbesproke soos die akteur en sy toespraak oor kunsmatig geïnsemineerde koeie en kalwers en nog wat: Die swart snyerspak het ’n draai gemaak by die Golden Globes, die Screen Actors Guild (SAG), Critics Choice, Baftas en nou ook op die rooi tapyt by die Oscars.
Die ontwerper van die pak, Stella McCartney, het Phoenix al voor die Oscars op Twitter ’n “wenner” genoem – nie oor sy toneelspel of toekennings nie, maar omdat hy keuses “vir die toekoms van die planeet” maak. (Lees: nie ’n nuwe pak vir elke geleentheid dra nie.)
Die pak is beswaarlik braaf of revolusionêr of die laaste stukkie lap tussen ons en klimaat-Armageddon, soos wat hordes verontwaardigdes en spottendes op McCartney se tweet te kenne gegee het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.