Selfkwarantyn in Shanghai

KORONAVIRUS

Selfkwarantyn in Shanghai

Toe die koronavirus in Januarie sy tande begin gewys het, het GERHARD GREYVENSTEYN uit Shanghai geskryf oor hoe hy sy eerste masker aangeskaf het. Sedertdien het byna 1,400 mense weens dié virus gesterf, en Gerhard verlaat selde sy woonstel. Hy deel 10 waarnemings oor sy selfkwarantyn.

1. Ek is by die huis. Vir die hoeveelste dag reeds. Ons mag uitgaan, maar daar is oral checkpoints met sekuriteitswagte wat jou paspoort inspekteer, jou temperatuur met ’n klein apparaatjie meet, en vir jou vorms gee om in te vul. So ver as moontlik moedig maatskappye hulle werknemers aan om tuis te bly. Die meeste mense werk van die huis af. Mense deel foto’s van hulle “kantore”. Rusbanke en slaapklere en flesse warm water is te sien op baie van hierdie foto’s.

2. Sowat 59,764 coronavirus-infeksies. 1,365 sterftes. Dit is sewe-uur Donderdagoggend 13 Februarie en dit is die jongste syfers. Daagliks word ek wakker met die nuus. Selfs al gaan soek ek dit nie doelbewus op die internet nie, kom dit steeds na my toe. Mense deel die nuus op WeChat. En – is dit moontlik? – daaglikse nuwe infeksies is vir die derde agtereenvolgende dag laer as die vorige dag.

3. Die son skyn vir die tweede dag na mekaar – al is reën voorspel. Daar is bome wat begin bot. Lentebloeisels word afgeneem en foto’s word opgewonde aangestuur. Lente kom ná winter. Die temperatuur is steeds rondom 8 grade. Mense is uitgehonger vir goeie nuus...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.