ELKE liewe kind in die wêreld se gesondheid en toekoms word bedreig deur omgewingsagteruitgang, klimaatsverandering en uitbuitende bemarkingspraktyke wat kitskos, koeldrank, alkohol en tabak aan kinders adverteer.
’n Verslag wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), Unicef en die mediese joernaal The Lancet saamgestel is, toon geen enkele land tref genoeg voorsorg om kinders se gesondheid, die omgewing en toekoms te beskerm nie. Suid-Afrika se gebrekkige opvoedingstelsel, liefde vir koeldrank en ons geweldige afhanklikheid van steenkool om krag op te wek, pootjie ons weer eens.
“Kinders moenie net oorleef nie, maar ook floreer – en dit is elke land se verantwoordelikheid om ’n omgewing te skep waarin kinders kan gedy,” sê die Universiteit Stellenbosch (US) se prof. Mark Tomlinson, wat insette gelewer het in die WGO-Unicef-Lancet-verslag getiteld “A future for the world’s children?"...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Geld en graad g’n skans teen TB