Coronavirus: 11 dinge wat ons weet (nee, Corona-bier gee jou...

COVID-19 IS HIER

Coronavirus: 11 dinge wat ons weet (nee, Corona-bier gee jou nie die virus nie)

Was jou hande gereeld en maak seker jy verstaan die feite, skryf ANNELIESE BURGESS oor wat jy kan doen om gereed te wees noudat die eerste bevestigde geval in Suid-Afrika aangeteken is.

AFGESIEN daarvan om jou hande gereeld te was, is die beste beskerming teen die nuwe coronavirus om die wetenskap daaromtrent te probeer verstaan, die betrokke wetenskaplikes te ondersteun en nie gerugte oor die siekte te versprei nie.

Só sê prof. Alan Whiteside, 'n internasionaal gerekende kenner op die gebied van epidemies en pandemies, en onder meer emeritus-professor aan die Universiteit van KwaZulu-Natal. 

Die departement van gesondheid het pas Suid-Afrika se eerste geval van die nuwe coronavirus bevestig: 'n 38-jarige man wat deel was van 'n groep wat Italië onlangs besoek het en aan die begin van Maart teruggekeer het. Hy is nou in self-isolasie en die departement se “opsporingspan" is tans besig om die ander lede van die groep op te spoor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.