Die vet weet, hierdie is die kalorie-feite

DIEETRAAD

Die vet weet, hierdie is die kalorie-feite

DEVLIN BROWN hang soms by die waterkan uit waar hy vreemde gesprekke beluister, soms oor gewigtige sake. Om vetrolletjies af te skud behels egter meer as net kalorieë in teenoor kalorieë uit, skryf hy.

V: EK’S verslaaf aan sjokolade en kan dit net nie los nie. Wat kan ek doen om vet te verloor en steeds my daaglikse Crunchie te eet?

A: Hierdie vraag is die fiksheidsekwivalent daarvan om die verkeerspolisie te vra of jy elke Sondag ’n paar minute lank 160km/uur mag ry, want jou rybewys gaan nog lank nie verstryk nie en jy stop getrou by al die rooi ligte.

Onthou die cliché, jy kan nie vinniger as ’n konfyt-oliebol hardloop nie. Afgesien van die afskuwelike beeld van ’n reuse-oliebol wat teen die pad afrol en aan jou hakke hap elke keer wanneer jy verby die Crispy Crème-plakkaat by die plaaslike geriefswinkel wandel, verskaf die gesegde ’n visuele aanduiding om “energie in” teenoor “energie uit” te verstaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.