Corona: Gaan ons die pad van Iran (sleg) of Taiwan (goed)?

CORONA-LESSE

Corona: Gaan ons die pad van Iran (sleg) of Taiwan (goed)?

Waarom het Italië meer sterfgevalle as China? En wat kan ons leer uit lande se verskillende reaksies op die corona-pandemie, vra ADRI KOTZÉ.

DIE boodskappe is van dosyne mense van verskillende ouderdomme. Gewone mense. Tot tien dae terug, vertel 'n vrou, het sy werkvergaderings en dinees bygewoon, gaan gym, haarkapper toe gegaan, die “gewone, vervelige goed” wat niemand ooit skade gedoen het nie. Nou, sê sy, besef 'n mens jy moet dankbaar wees net om die lug in jou huis te kan inasem.

Dis grepe uit 'n kort film, 10 Days, deur 'n jong Italiaanse filmmaker, Olmo Parenti: hy het Italianers in kwarantyn gevra om boodskappe op te neem met raad aan hulself oor wat hulle in tien dae geleer het nadat die coronavirus die land tot stilstand geruk het. Parenti wou die res van die wêreld wakker ruk, om mense in lande soos Frankryk, Engeland en Amerika te waarsku om self-isolasie ernstig op te neem.

Dit is distopies, apokalipties. 'n Bietjie soos 'n rampvideo uit die tagtigs, nes die foto’s, video’s en briewe wat daagliks uit Italië kom. Die land se hele gesondheidstelsel kan in duie stort, skryf 'n narkotiseur in 'n brief (https://www.nytimes.com/2020/03/18/opinion/coronavirus-italy.html?te=1&nl=morning-briefing&emc=edit_MBE_p_20200319§ion=topNews&campaign_id=51&instance_id=16893&segment_id=22374&user_id=05bb63720137939fa26a5fe0232da23e®i_id=86381164tion=topN) aan die New York Times. Daar is foto’s van uitgeputte gesondheidswerkers, verhale van dokters wat moet besluit wie om te behandel, stories (https://www.nytimes.com/2020/03/16/world/europe/italy-coronavirus-funerals.html) van mense wat sonder enige geliefdes in isolasie sterf, oorvol lykshuise, gesinne wat nie hul naasbestaandes mag begrawe nie weens die verbod op openbare byeenkomste, begraafplase wat in elk geval gesluit word, en van doodskiste wat ophoop in Bergamo, nou die episentrum van die corona-krisis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.