Die psigiese pandemie: Sorg vir jou kop nes jy sorg vir jou...

CORONA EN JOU BREIN

Die psigiese pandemie: Sorg vir jou kop nes jy sorg vir jou lyf tydens inperking

Hierdie pandemie is nie net 'n mediese ramp nie, dis ook bitter swaar op die psige omdat ons geen verwysingsraamwerk het om dit te hanteer nie. HANLIE GOUWS het by sielkundiges gaan aanklop om raad oor hoe jy jouself en jou geliefdes emosioneel gesond kan hou.

HUISVROUE takel mekaar in die winkels vir toiletpapier. Daar is niks meer maskers of handskoene om te koop nie, en lankal nie meer handontsmetter nie. Selfs die Med-Lemon is op. Mense stap weg as iemand wat Chinees lyk nader kom en dan is daar die geweldige geteem op sosiale media omdat jy nie kan gaan draf of jou hond kan vat om te gaan piepie nie.

Die blote gedagte aan die coronavirus het baie van ons verskillende grade van irrasioneel gemaak, en ons sal nou moet kalmeer as ons emosioneel heel aan die ander kant wil uitkom.

Philip Strong het goeie grondwerk gedoen oor die sielkundige uitwerking van 'n pandemie, verduidelik prof. Esmé van Rensburg (https://www.researchgate.net/scientific-contributions/2007890489_Esme_van_Rensburg), voorligtingsielkundige aan die Noordwes-Universiteit. “Hy postuleer dat daar twee parallelle pandemies plaasvind: die fisieke en die emosionele.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.