Hoe ver is die uur vir ’n corona-kuur?

CORONA-PANDEMIE

Hoe ver is die uur vir ’n corona-kuur?

Die corona-katastrofe is met mening voor ons almal se deure geplaas. Hoewel ingeperk en onseker, is die wêreld hoopvol 'n nuwe entstof en medikasie kom, skryf ELSABÉ BRITS.

DIT is nou die grootste openbare vyand van die ganse planeet – 'n mikroskopiese klein virus wat volgens berekeninge meer as 20% van die wêreld se bevolking tot 'n staat van inperking geforseer het.

Covid-19 is meer as 'n gesondheidskrisis; dit gaan ons lewe dalk vir altyd verander en niemand weet hoe lank ons in die loopgrawe gaan lê nie. Almal wat vandag leef, is deel van die Era van Corona, soos dit dalk in die geskiedenis opgeteken sal staan. Hoe ons dit gaan hanteer, ook dié wat ontken dat dit 'n krisistyd is, sal ons omskrywe.

Daar is oor 'n halfmiljoen bevestigde gevalle wêreldwyd en die sterftesyfer is onderweg na 23,000 – dalk is dit reeds daar (https://www.worldometers.info/coronavirus/). Dit styg so vinnig soos wat die virus in selle vermeerder. Maar die 21 dae se inperking wat pas begin het, is nie genoeg om Covid-19 te stuit nie. Ons kan in 'n eindelose sirkel van inperking verval indien die regering nie dié tyd gebruik om te toets, op te volg, mense in isolasie te plaas en die hele gesondheidstelsel gereed te kry nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.